Rondloop in kaalvoete

Ek het baie kaalvoet rondgeloop op die plaas. Rondgeloop en als om my waargeneem. Meer soos ‘n afloerder, ¬†as iemand wat ten volle deel was van al die gebeure op die plaas. Maar kaalvoet het my gewortel in die plaasgrond, die gevoel van gras, klippies en grond het my glad nie geintimedeer nie. My voete was sterk en gesond. Met hulle kon ek boom klim, op mure en dakke rondloop, perdry en val.

Daar was mense wat die agterplaas skoon gevee het met besems wat van takke en lang geel gras gemaak was. Krom het hulle rondgeloop met ‘n ritme wat ‘n vredesgevoel in ons almal veroorsaak het. Babas op hulle rug toegevou met lappe. Die skraap klank van die besems ‘n slaap lied vir die babas. Skraap, skraap, slaap, slaap my kind. Vandag is die kaal grond toe gegroei met gras en word in toom gehou met ‘n rasende lem.

Ek het my verwonder aan die mense wat so gemaklik en rustig met die aarsde besems kon loop en vee. Teurg by hulle eie huisies het hulle dieselfde gedoen, trots skoon gevee. Kon ek hul pyn sien? Die pyn het later gekom toe daar nie meer grond was om skoon te vee nie.

Die persoon wat ons op die plaas gehou het, was ons pa. Kan jy jou self indink hoe sterk ‘n boer se karakter moet wees om ‘n plaas se klein gemeenskap te kan saam bind en te kan laat floereer op ‘n stuk grond?

agterplaas2
Die telefoonpaal is ook sigbaar in die onderste foto. Hierdie foto is plus minus 40 jaar na onderste foto geneem.
agterplaas
Die agterplaas. Ek dink die gebou regs moes die buitenste kleinhuise gewees het. Lank reeds afgebreek. ‘n Foto van ou boet, ou sussies en Ouma min of meer 1970.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s